Mandrake Linux

Installasie instruksies

Konfigurasie Benodig

Om Mandrake Linux te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrywer te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.


LET WEL:


U kan ook Mandrake Linux binne 'n Windows 95/98/ME stelsel installeer, d.m.v. Linux vir Windows. Hierdie metode verg nie 'n skyfpartisie nie en installeer Linux binne 'n Windows-lêergids. Dit is 'n gemaklike metode om Mandrake Linux te ervaar sonder om u Windows-stelsel te verander. Dit is egter heelwat stadiger as 'n normale installasie. En u Mandrake Linux installasie is ook verlore sou u Windows herinstalleer. Verwys asb. na punt 2 vir die gebruik van Linux vir Windows.

Hier is die metodes om Mandrake Linux te installeer:

  1. Herlaai direk vanaf die CD
  2. Installeer binne Windows 95/98/ME
  3. Begin installasie vanuit MS-DOS
  4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows
  5. Ander installasiemetodes


1. Herlaai direk vanaf die CD

Die Installasie-CDROM is herlaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai. Volg dan die instruksies op die skerm: druk die Enter sleutel om die installasie te begin of druk F1 vir verdere hulp.

LET WEL:

Op sekere skootrekenaars, sal die stelsel nie vanaf 'n CD herlaai nie. In so 'n geval moet u 'n herlaaiskyf gebruik. Sien punt 4 vir detail.

[bokant van hierdie bladsy]


2. Installeer binne Windows 95/98/ME

Om Mandrake Linux binne 'n Windows-lêergids te installeer, sonder om enige partisies op die skyf te skep moet u:

  1. Die CD in die aandrywer plaas,
  2. Die stelsel herlaai,
  3. F1
  4. druk wanneer die Mandrake Linux skerm verskyn,
  5. en lnx4win tik op die instruksielyn, en druk Enter
Volg dan die instruksies op die skerm.

Addisionele detail oor lnx4win kan in die ooreenstemende README-lêer gevind word.

Let WEL:

Wanneer u die CDROM onder Windows insit, sal 'n venster opspring wat u toegang sal gee tot die installasieopsomming asook die Mandrake Linux demonstrasies en tutoriaal. Dit sal u ook toelaat om die herlaaiskyf te skep wat onder punt 4 bespreek word.

Indien die venster nie opspring nie, loop:
D:\dosutils\autorun.exe
(vervang D met u CDROM sy skyfletter).

[bokant van hierdie bladsy]


3. Begin installasie vanuit MS-DOS

Indien u MS-DOS op u stelsel het, kan u die installasie herlaai vanaf die CD sonder om enige diskette te gebruik.

Hierdie metode sal nie werk binne 'n DOS-venster onder Windows nie. Dit sal ook nie werk onder Windows ME nie.

Om dit te doen (as die CDROM-aandrywer D: is), gebruik die volgende instruksies:

C:\> D:
D:\> cd \dosutils\autoboot
D:\dosutils\autoboot> autoboot.bat

[bokant van hierdie bladsy]


4. Maak 'n herlaaiskyf met Windows

Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan herlaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:

Om die installasie te begin:

[bokant van hierdie bladsy]


5. Ander installasie metodes

Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n herlaaiskyf maak:

xxxxx.img is the herlaaibeeld:

blank.img is 'n minimalistiese herlaaibeeld om stelselkerninstallasies aan te pas.

[bokant van hierdie bladsy]


U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk F1 by die Mandrake Linux verwelkoming en tik dan text op die instruksielyn.

Indien u verlang om 'n redding op u bestaande Mandrake Linux uit te voer, herlaai vanaf die installasie CDROM of enige herlaaiskyf, druk F1 by die Mandrake Linux verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.

Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.


Hoofstappe van installasie:

  1. Plaas die installasie CDROM (of installasie sagteskyf indien nodig) in die korrekte skyfaandrywer en herlaai die rekenaar.
  2. Druk Enter wanneer die Mandrake Linux verwelkoming vertoon word en volg die instruksies noukeurig na.
  3. Na installasie verwyder die CDROM (en sagteskyf indien nodig); die rekenaar behoort te herlaai.
  4. Mandrake Linux behoort te begin. Na die herlaaiproses, kan u "aanteken" op die rekenaar as "root" of enige ander gebruikerskode wat u tydens installasie geskep het.

Baie belangrik:

Die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode wat u opstel met "userdrake" program of met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies.

Voorspoed met Mandrake Linux !

[bokant van hierdie bladsy]


Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: