Konfigurasie Benodig
Om Linux-Mandrake te installeer kan so maklik wees as om die installasie CD in die CDROM-aandrwyser te sit en u rekenaar te herlaai. Kyk asb. onder punt 1 vir meer inligting.
Daar is wel ander metodes om Linux-Mandrake te instaleer, U moet verkieslik dit in hierdie volgorde probeer:
Diee Installasie-CDROM is herlaaibaar. In meeste gevalle kan u die CD in die aandrywer plaas en die rekenaar herlaai.Volg dan die instruksies op die skerm, dis redelik eenvoudig.
Al wat u moet doen is om die eerste CDROM in te sit. 'n Venster sal
opspring. Andersins kan u D:\dosutils\autorun.exe
loop.
(Met die aanname dat D: ui CDROM se skyfletter is).
Kies dan Volledige installasie om die normale installasie van Linux-Mandrake te begin.
Alternatiwelik kies Linux vir Windows installasie indien u nie u hardeskyf wil partisioneer nie. Hierdie program sal twee lêers skep op u Windows-partisie. Dit is egter heelwat stadiger as die volledige installasie en as u Windows moet installeer sal u ook die Linux-Mandrake stelsel verloor ...
Indien u MS-DOS op u stelsel het, kan u die instllasie herlaai vanaf die CD sonder om enige diskette te gebruik.
Om dit te doen (As die CD skyf D: is), gebruik die volgende instruksies:
C:\> D:
D:\> cd \dosutils\autoboot
D:\dosutils\autoboot> autoboot.bat
Let op dat hierdie metode nie sal werk vanuit DOS venster onder Windows nie. Om onder Windows te installeer, volg asb. die instruksies in punt 2.
Indien u rekenaar nie vanaf 'n CDROM kan herlaai nie en die ander metodes nie werk nie, kan u 'n herlaaiskyf as volg maak:
Om die installasie te begin sit die CDROM en stiffue in nodige die aandrywers en herlaai die rekenaar.
Indien, vir enige rede, die vorige metodes nie u doel dien nie (u mag dalk 'n netwerkinstallasie wil uitvoer of van PCMCIA af installeer), moet u ook 'n herlaaiskyf maak:
dd if=xxxxx.img of=/dev/fd0
xxxxx.img
(sien onder) in die plek van cdrom.img.
D:\dosutils\rawrite.exe -f D:\images\xxxxx.img -d A
xxxxx.img
is the herlaaibeeld:
U kan ook 'n teksgebaseerde installasie doen, indien u dalk probleme met die verstek grafiese installasie ondervind. Om dit te gebruik, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan text op die instruksielyn.
Indien u verlang om 'n redding op u bestaande Linux-Mandrake uit te voer, herlaai vanaf die installasie CDROM of enige herlaaiskyf, druk F1 by die Linux-Mandrake verwelkoming en tik dan rescue op die instruksielyn.
Sien http://www.linux-mandrake.com/drakx/README vir meer tegniese inligting.
Belangrike nota : die "root" gebruikerskode sal u onbeperkte toegang gee tot die Linux-stelsel. Moet dit nie gebruik, behalwe vir konfigurasie or administrasie nie. Vir normale daaglikse take, gebruik 'n normale gebruikerskode met die "adduser USER" en "passwd USER" instruksies.
Vir installasie ondersteuning sien die Mandrake diffusielys en die neulvrae (FAQ) op die Mandrake webwerf: