Inleiding
Die bedryfstelsel en die verskillende komponente wat beskikbaar is in die Mandriva Linux
distribusie sal hierna as "Sagteware Produkte" verwys word. Die Sagteware Produkte sluit in,
maar is nie beperk tot, die versameling programme, metodes, reëls en dokumentasie wat verwant
is aan die bedryfstelsel en die onderskeie komponente van die Mandriva Linux distribusie.
Hierdie lisensie ooreenkoms is ter goedertrou vertaal. Vir die nominatiewe weergawe verwys
na die engelse weergawe van hierdie dokument.

1. Lisensie ooreenkoms
Lees hierdie dokument sorgvuldig deur asb. Hierdie dokument is 'n lisensie ooreenkoms tussen
u en Mandriva S.A. wat op die Sagteware Produkte van toepassing is.
Deur die installasie, duplisering of gebruik van die Sagteware Produkte in enige manier
wat ookal, aanvaar u eksplisiet en stem u saam met, die terme en voorwaardes van hierdie
Lisensie. Indien u nie saamstem met enige gedeelte van die Lisensie nie, mag u nie Sagteware
Produkte installeer, dupliseer of gebruik nie.
Enige poging tot installasie, duplisering of gebruik van die Sagteware Produkte in enige manier
wat in teenstryd is met die terme en voorwaardes van hierdie Lisensie is ontoelaatbaar en lei
tot beëindiging van u regte onder hierdie Lisensie. Met beëindiging moet u onmiddelik all kopieë
van die Sagteware Produkte vernietig.

2. Beperkte waarborg
Die Sagteware Produkte en aangehegte dokumentasie word voetstoots voorsien met geen waarborg nie,
binne wettige perke. Mandriva S.A. sal, onder geen omstandighede en binne regsmatige perke,
aanspreeklik wees vir enige spesiale, toevallige, direkte of indirekte skade watookal
(insluitende, sonder voorbehoud, verlies van besigheid, onderbreking van besigheid, finansiële
verlies, regsonkostes en boetes vooruitspruitend van 'n hofbeslissing of enige ander daarvolgende
verlies) vooruitspruitend uit die gebruik of onvermoë in gebruik van die Sagteware Produkte, selfs
in die geval waar Mandriva S.A. verwittig is van die potensiaal tot, of voorkoms van, sulke
skade.

BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID TOT DIE BESIT VAN OF GEBRUIK VAN VERBODE SAGTEWARE IN SEKERE LANDE

Binne wetsomperke, sal Mandriva S.A. of sy verspreiders onder geen omstandighede, aanspreeklik
wees vir enige spesiale, toevallige, direkte of indirekte skade watookal (insluitende, sonder
voorbehoud, verlies van besigheid, onderbreking van besigheid, finansiële verlies, regsonkostes
en boetes vooruitspruitend van 'n hofbeslissing or enige ander daarvolgende verlies)
vooruitspruitend uit die besit van en gebruik van sagteware komponente of voorspruitend uit die
aflaai van sagteware komponente vanaf een van die Mandriva Linux internetwerwe wat verbode of
beperk is volgens wette in sekere lande. Hierdie beperkte aanspreeklikheid is van toepassing op,
maar nie beperk tot, die sterkkriptografiese komponente wat in die Sagteware Produkte ingesluit
is.

3. The GPL-lisensie en verwante lisensies
Die Sagteware Produkte bestaan uit komponente wat deur verskillende persone of entiteite geskep
is. Meeste van hierdie komponente word gedek deur die terme en voorwaardes van die GNU General
Public License, hierna genoem "GPL", of soortgelyke lisensies. Meeste van hierdie lisensies
laat u toe tot die gebruik, duplisering, verandering en herspreiding wat die gedekte komponente.
Lees asb. die terme en voorwaardes van die lisensie voorwaardes vir elke komponent voor u dit
gebruik. Enige navraag oor 'n komponentlisensie, moet aan die komponentskepper, en nie aan
Mandriva nie, gerig word. Programme wat deur Mandriva S.A. geskryf is word deur die GPL
Lisensie gedek. Dokumentasie deur Mandriva S.A. geskrywe word ook deur dieselfde lisensie
gedek. Verwys asb. na die dokumentasie vir verder inligting.

4. Intellektuele-eiendomsregte
Alle regte tot die komponente van die Sagteware Produkte behoort aan die onderskeie skeppers
en word beskerm deur die intellektuele-eiendomsregte en kopieregte wat van toepassing is op
sagteware. Mandriva S.A. behou all reg om die Sagteware Produkte te verander en aan te
pas, as 'n geheel of ten dele, d.m.v enige metode en vir enige doeleindes.
"Mandriva", "Mandriva Linux" en assosieerde logo's is handelsmerke van Mandriva S.A.

5. Toepaslike landswette en wetsomperke
Indien enige gedeelte van hierdie ooreenkoms tot niet, onwettig of onvantoepaslik verklaar word
deur 'n hofbeslissing, word daardie gedeelte by hierdie ooreenkoms uitgesluit. U bly egter nog
steeds gebonde aan die ander toepaslike gedeeltes van hierdie ooreenkoms. Die terme en
voorwaardes van hierdie Lisensie is onderworpe aan die wette van Frankryk. Alle dispute sal
verwys word na die toepaslike regshowe van Parys - Frankryk.
Vir enige navrae oor hierdie dokument, kontak asb. Mandriva S.A.